Termometers vir Hoender Behuisings Strukture
Wat is n’ Min/Maks Termoneter?
n’ Minimum/Maksimum termometer is n’ hoender termometer, of meer spesifiek, n’ termometer om die temperatuur in n’ hoender behuisings struktuur mee te meet. Die temperatuur en die relatiewe humiditeiet in n’ pluimvee skuur is krities indien jy braai-hoenders aanhou. Om die humiditeiet te meet sal jy n’ Nat/Droog termometer benodig.
Nat/Droog termometer
Die relatiewe humiditeit is n’ aanduiding van hoeveel vog in die lug is. Indien die vog inhoud te hoog is, al is die temperatuur laag, sal die hoenders vrek. Die Korrekte temperatuur vir jou hoender behuisings struktuur, met die plaasing van dag oud kuikens, is 32 grade celsius. Vanaf hiedie temperatuur sal jy die temperatuur na 21oC verlaag totdat die hoenders 21 weke oud is. Die hoender behuisings struktuur se relatiewe humiditeit moet nooit meer as 80% wees nie.
Die termometer moet op dieselfde hoogte as die hoenders gehang word. Die boonste laag hokke, na aan die dak, is n’ baie belangrike area aangesien hierdie hoenders die meeste geaffekteer sal word deur humiditeit en temperatuur. Indien die humiditeit te hoog is, sal die henne ophou met eet en heel moontlik begin hyg. Dit is ook n’ aanduiding van n’ te hoe temperatuur.
Om hoe humiditeit te hanteer is baie moeilik. Hoe om die lug uit te droog: die gebruik van pluimvee waaiers sal help. n’ Sterk waaier sal baie help om die lug uit te droog. Hys die gordyne heeltemal afwaarts. Indien die henne baie na aan mekaar is in n’ laag hok, sal jy gereeld groot probleme optel. Hoenders wat te veel saamgedronge is kan die oorsaak wees van baie probleme en henne in n’ laag hok kan nie van mekaar af weg beweeg nie. Dus is dit baie moeilik vir die hoenders om af te koel. Onthou net, die temperatuur mag dalk reg wees, maar die humiditeit mag dalk te hoog wees. Dit is van uiterste belang dat jy die korrekte gereedskap het om humiditeit mee te meet. Die Nat/Droog Termometer is die perfekte gereedskap om humiditeit mee te monitor.
Min/Maks Termometer
n’ Minimum/Maksimum Termometer laat jou toe om te sien wat die hoogste temperatuur en die laagste temperatuur in die braai-hoender skuur was sedert jy laas die termometer verstel het. Dit sal jou baie help om die hitte graad in jou pluimvee behuisings struktuur of braai-hoender skuur te reguleer, en om die pluimvee waaiers, pluimvee gordyne en gas verwarmers te beheer. Die bogenoemde is die hoofsaaklikste toerusting wat benodig word vir die beheer van temperatuur in n’ hoender behuisings struktuur.
Hoender termometers, soos die min/maks termometer en die nat/droog termometer, is nie duur nie en kan geag word as lewens belangrike gereedskap vir enige pluimvee boerdery operasie. Die temperatuur in n’ hoender behuisings struktuur, of dit nou n’ laag huis of n’ braai-hoender skuur is, is krities vir die kweeking van n’ gesonde en produktiewe swerm. Indien die temperatuur vir dag oud kuikens verkeerd is, sal die kuikens dood gaan. Die regte temperatuur in n’ hoender behuisings struktuur moet gehandhaaf word. n’ Termometer vir die mate van temperatuur in n’ hoender behuisings struktuur kan aangekoop word vanaf Chicken Shack Agencies.
Humiditeit in n’ hoender behuissings struktuur is n’ kritiese faktor. Baie klein boere konsentreer slegs op die temperatuur van die hoender behuisings struktuur. Dit is n’ reuse fout en hoender boere moet leer wat en hoe relatiewe humiditeit die hoenders affekteer in hoe hul eet en dus hoe hul groei beinvloed word. Om die humiditeit in n’ pluimvee huis te meet, word n’ Nat/droog termometer gebruik. Die humiditeit moet nooit bo 80% wees nie.
Ander gereedskap in pluimvee boere se arsenale is gas verwarmers, pluimvee waaiers en pluimvee gordyne. Met hierdie 3 stukke pluimvee gereedskap, n’ min/maks termometer en n’ nat/droog termometer, sal n’ hoenderboer die korrekte temperatuur en humiditeit kan handhaaf in n’ pluimvee behuisings struktuur. n’ Nat/droog termometer kan aangekoop word van Chicken Shack Agencies.



Termometers vir Hoender Behuisings Strukture


